Die Solidariteit Beweging, saam met sy bykans 50 instellings, werk daaraan om te verseker dat Afrikaners vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika sal voortbestaan. Dit word gedoen met ʼn selfdoen-ingesteldheid, in wedersydse erkenning en respek vir ander gemeenskappe. Daarom is dit belangrik dat ons ook verhoudings met ons vriende binne en buite Suid-Afrika versterk.
Is jy ‘n Afrikaner wat in die buiteland woon? Ons benodig jou bydrae om ʼn toekoms vir ons mense hier in die land wat ons tuiste is, te bou.